Labels

Sunday 2 December 2012

'n Vroeƫ Kersfees

Desember, my gunsteling tyd van die jaar. Seevakansie, my verjaarsdag, vriende, familie en natuurlik kersfees. Al brand ek al van laat November om ons kersboom op te slaan het ek besluit om nog so bietjie uit te hou. Ek het wel my eie klein cupcake-kersboompies gemaak om die begin van die feesseisoen te vier.

Die cupcakes is baie eenvoudig om te maak. Ek het groen botterversiersel gebruik vir die boompies, plastiese versiersel vir die ster en net klein silwer balletjies oor gesprinkel. Vir 'n sneeu-effek kan jy versiersuiker oor sif maar dit smelt vinnig op die botterversiersel.