Labels

Thursday 7 February 2013

Tyd vir vlerksleep

Ek het nog nooit 'n lekker Valentynsdag gehad nie. Wag, ek weet nie of ek al ooit 'n Valentynsdag gehad het nie.
Maar die laaste 10 maande het alles verander en sien ek net hartjies. Dit maak dit natuurlik baie makliker om  dinge te maak wat my gelukkig maak, inspireer en my gevoel uitbeeld.
Die naweek wat verby is, was ek 'n grasweduwee en my lus om te bak en skep was daar. Ek het besluit om love bird cupcakes te maak.

Die versiering bo-op die cupcakes het ek handgemaak  met sjokalade. Dit was by tye effens moeilik om nie die sjokalade te laat smelt nie.






Al hou jy nie van Valentynsdag nie, eet ten minste 'n cupcake.

Tuesday 5 February 2013

'n Tradisionele troukoek met 'n twist

Haar suster het ons eers gehelp huis skoon maak. En toe haar suster oorlede is, het Selina ons kom help. Dis nou al ses jaar dat Selina met ons is. Desember het sy met groot opgewondenheid vertel dat sy einde Januarie gaan trou. Selina het my ma gevra waar kan sy 'n koek vir die troue koop. My ma wys toe vir haar my paar probeerslae op my blog en so word ek toe Selina se troukoekbakster. Met 'n groot plesier natuurlik en vir seker gratis, want Selina het al baie meer vir ons gedoen.


Eers wou ek 'n tradisionele wit koek bak met pienk blomme, want pienk is Selina se gunsteling kleur. Maar na haar verloofde 'n foto van haar rok vir my gestuur het, het ek besef dit gaan 'n ander tipe tradisionele kleur moet hê. Haar rok was natuurlik baie meer Sotho en nie iets wat jy voor 'n NG Kerk kansel gaan sien nie ;-)
So het Selina se troukoek verander om ook 'n meer Sotho en aardse gevoel te hê.




Ek wou oorspronklik sjokaladeblomme maak omdat dit beter lyk en lekkerder werk, maar met die afgelope tyd se hitte in Bloem kon ek nie die kans waag nie. Sjokalade sou dalk te maklik smelt. So die blomme is toe gemaak met plastiese versiersel. Varkore en rose.
Die koek was vanilla met 'n aarbei vulsel.



Op die middelste laag het ek diamantvormige stukkies versiersel gepak wat 'n protea voorstel. En die lae is tussenin afgewerk met 'n string kraletjies, ook uit versiersel.



Selina was baie bly. En ek ook. Dit was lekker om vir haar groot dag iets te kon doen.