Labels

Friday 8 March 2013

Cupcake challenge #6

Wanneer 'n verrassing goed uitdraai. 
Ek het met die botterversiersel gespeel deur klomp kleure in een druksakkie te gooi en dan uit te druk. Die resultaat - 'n rëenboog cupcake. Baie eenvoudig.




Wednesday 6 March 2013

Cupcake challenge #5

Met hierdie enetjie wou ek sommer net 'n gewone cupcake 'n meer moderne twist gee. Die potensiaal is natuurlik eindeloos met so iets. Ek meen, dink net aan als wat jy byvoorbeeld op die punt van daai draadjie kan sit.




Tuesday 5 March 2013

Cupcake challenge #4

Niks vreeslik snaaks hier nie. Maar ietsie moois wat deur die Cherry Blossoms van die Ooste geinspireer is.



Monday 4 March 2013

Cupcake challenge #3

Cupcakes kan maklik prettig wees. En jy kan regtig enigiets daarmee doen. Soos met hierdie twee wat amper hul eie storie vertel. Of die hond die haas gevang het, sal ons dalk in 'n volgende baksel uitvind...




Sunday 3 March 2013

Cupcake challenge #2

Vir die tweede baksel in die 'cupcake challenge' het ek hierdie skapies van botterversiersel gemaak. Selfs vegatariërs kan hiervan eet ;-)





Saturday 2 March 2013

Cupcake challenge #1


My kêrel het my uitgedaag om ’n paar cupcakes te maak wat bietjie anders is as wat ek gewoonlik maak.
Challenge accepted ;-)



Vir my eerste baksel het ek gedink aan ’n kleurvolle tema, soos die van The Mad Hatter uit Alice in Wonderland. Die versierings het ek handgemaak uit plastiese versiersel. Ek het gedink dit gaan moeiliker wees om die fyner goedjies soos die koppietjies te maak, maar dit was toe nie.






Die cupcakes is sjokalade en die versiersel bo-op is botterversiersel.