Labels

Sunday 27 January 2013

Bestemming; Potch

Die opdrag was eenvoudig, "bak 'n lekker koek vir my ma".
Vriendin Petro wou graag vir haar moeder in Potch 'n lekker koek saamvat toe sy gaan kuier. 'n Klam sjokaladekoek het ek geweet sal die rit in 'n koelboks oorleef. En wie hou nie van 'n klam sjokaladekoek nie? Die blomme bo-op is die tannie se gunsteling kleur; lilac. Hulle is ook van sjokalade gemaak. Die versiersel op die koek is van botterversiersel en ek het dit in 'n patroon gedruk en met pêrels versier soos wat ek gedink het dit by Petro se ma sal pas.






Thursday 10 January 2013

Goeie ou sjokaladekoek

Ek het besluit dit is hoogtyd dat ek 'n goeie ou sjokaladekoek bak vir my blog. 'n Vriend se verjaardag was die perfekte geleentheid. Omdat dit vir 'n man was, het ek dit probeer eenvoudig hou sonder te veel frilletjies en valletjies. Andersins het ek gesorg dat die koek lekker klam en geurig is.


Om die sjokaladekrulle wat bo-op kom te maak vat baie geduld en tyd. Nadat jy die sjokalade gesmelt het moet jy dit op 'n plat opppervlak smeer. En dan moet jy dit skraap. Maar dis hier waar die kinkel in die krul kom... Die temperatuur moet net reg wees. Dit raak gou te warm en dan smelt als. En wanneer dit te koud word wil dit nie afskraap nie. Trial and error is maar die naam van die speletjie.




Monday 7 January 2013

2013 se eerste baksels

Hierdie is twee baksels cupcakes waarmee ek gespeel het voor ek weer volstoom aan die bak gaan vir die nuwe jaar.