Labels

Monday 27 May 2013

Die KoekieKrummel fotograaf

Alle foto's op KoekieKrummel word geneem deur die baie talentvolle fotograaf Willem van der Berg. Gaan loer bietjie op sy blog ZA Vryskut en gaan like hom op facebook ZA.









Tuesday 21 May 2013

Die onmoontlike macaroon

Ek het nog altyd gehoor macaroons is moeilik om te maak en amper onmoontlik dat dit nie flop nie. Ek wou graag vir myself uitvind. Sukses. Myne het pragtig uitgekom en ek het die foto's as bewyse ;)
Dit proe nie soos dit lyk nie. Jy mag dalk dink dis bloot net 'n skuimpie (meringue), maar macaroons het 'n totaal unieke tekstuur en smaak. Die amandel in die mengsel gee die macaroon 'n sagter en amperse toffierige tekstuur.
In die middel is 'n wit sjokoladevulsel.





Pienk peonies

  
Ek was lus om bietjie 'n ander tipe blomversiering te probeer en het besluit om peonies te maak. Dit is nie moeiliker as rose nie, maar dit vat heelwat langer. Ek het hierdie peonies bo-op 'n vanilla koek met sjokoladevulsel en botterversiersel gesit.