Labels

Monday 26 January 2015

Kinderkoeke

Kinderkoeke is kleurvol en pret. Dit is altyd spesiaal vir my om 'n aandeel in 'n kind se verjaarsdag te he. Hiermee voorbeelde van die laaste jaar se kinderkoeke.
Pienk Hallo Kitty koek heeltamal versier met botterversiersel
 

Superhero koek geinspireerd deur Hulk, Batman en Spiderman 



Ek kan verstaan hoekom hierdie koek so populer is op Pinterest. Een van die oulikse koek nog
















Macaroons

Ek het nou al genoeg geoefen en het macaroon maak bemeester. Macaroons is perfek vir net daai ietsie spesiaals by 'n tee, troue en selfs 'n verjaarsdag. Hou die blog dop vir later die jaar wat ek Coconut-, Salted Caramel-, Creme Brulee-, Peanut Butter- en Pistachio macaroons vir 'n troue gaan maak.







Troukoek

Min mense maak hulle eie troukoek en ek het die aand voor ons trou besef hoekom. Jou tyd is vreeslik min en jy is moeg maar ek is baie trots op my eie troukoek. Al is dit miskien nie die netjieste wat ek al gewerk het nie is ek so trots op die koek en baie blly dat ek dit self gemaak het. Die boonste laag van die koek was sjokolade gewees (my man se gunsteling) en die onderste deel was 'n heerlike klam Red Velvet


Doopkoek

Hierdie doopkoek was heeltamal versier met sjokolade aan die buitekant. Dit was 'n sjokoladekoek met donker sjokolade-ganache vir 'n vulsel.



Verjaarsdagkoek

Hier volg 'n paar voorbeelde van verjaarsdagkoeke wat ek gemaak het.

Ek was baie opgewonde om die laslappie koek te maak.
'n Heerlike Red Velvet koek met roomkaasversiersel



'n Heerlike golf tema sjokoladekoek met sjokolade-ganache vir die vulsel


Babatee Koeke

Dit was vir my vreeslik spesiaal om my vriendin se babatee koek te kon maak en toe 'n maand later was ek gevra om presies dieselfde koek te maak maar die keer net vir 'n dogtertjie.





Nog 'n babatee koek wat ek gemaak het was die oulike en kleurvolle koek vir Leah. 



Cupcakes van die laaste jaar

Ek is rerig mal daaroor om cupcakes te maak. Mens kan so lekker speel en word nie beperk nie. Hier volg foto's 'n paar van die cupcakes van die afgelope jaar.













Heerlike sjokolade cupcakes met tuisgemaakte "marshmallow" bo-op