Labels

Wednesday 28 November 2012

Koeke vir klein prinsessies.

Vir my tweede verjaardag het ek 'n popkoek gekry. Ek kan nie die koek self onthou nie, maar daar het 'n foto in ons huis se gang gehang waar ek met 'n yslike glimlag agter die koek staan. Daarom sien ek altyd uit om vir iemand anders so iets te maak. 'n Koek wat die ma en die kind ewe opgewonde maak. Maar veral 'n koek wat, tenspyte dat dit mooi of interessant lyk, baie lekker proe.

Ek het onlangs kans gekry om vir klein Elisabeth van der Berg 'n "skoenlapperprinses-koek" te maak.
Vir die koek het ek 'n nuwe tegniek probeer deur die frilletjies van die prinses se rok met botterversiersel te maak. Ek gebruik botterversiersel eerder as petinice (plastiese versiersel) omdat dit baie lekkerder proe en 'n sagte tekstuur het.





Die skoenlappers en blommetjies is 'n dag voor die tyd gemaak sodat dit genoeg tyd gehad het om hard te word.

1 comment:

  1. Baie dankie Daleen dit was pragtig en regtig heerlike ook, Jy gaan verseker baie gebruik word in die familie.

    ReplyDelete